Monday 25 April 2016

2-Minute Mikrogolf Eiers




2-Minute Mikrogolf Eiers
Bestanddele:
Kleefvrysproei
1 eier
2 eetlepels melk of room ...
1/2 koppie ham, tamatie, uie, spek, basilie blare (alles klaar gesny)

Sout en peper
Metode:
1. Spuit jou bakkie (wat in die mikrogolf geplaas gaan word) met die kleefvrysproei
2. In ‘n medium grootte bak klits al die bestanddele saam en gooi in jou mikrogolf bakkie.
3. Plaas die bakkie in die mikrogolf vir 2 minute, maar kyk elke 30 tot 60 sekondes hoe dit met die mengsel gaan.
4. Laat dit vir ‘n rukkie afkoel en geniet