Tuesday 8 March 2016

Wynand se opgerolde lekkerte (Boereworsgereg)




Wynand se opgerolde lekkerte (Boereworsgereg)

Bestanddele

500g boerewors
6 sprietuie, gekap
2 groen soetrissies, gekap
1 brandrissie, gekap
6 eiers
1 koppie room
1 wiel feta, gekrummel
franse brood
avokado
Metode
Plaas die opgerolde wors in 'n diep pan.
Braai buitekant sonder olie of botter.
Behou sy spiraal vorm.  Gooi die oortollige
olie af.  Voeg groente by.  Braai vir 2 minute.
Klits eiers en room.  Voeg by.
Krummel feta oor.
Bak oop in oond teen 180grade vir 15 minute.
Bedien met brood en avocado.