Tuesday 8 March 2016

Hoendermasala met Basmatirys




Hoendermasala met Basmatirys

Bestanddele

1 eetlepel swart Peperkorrels
1 eetlepel Koemeinsaad
12 hoenderdye en boudjies
2 uie opgekap
3 tamaties in blokkies gesny
2 eetlepels vars knoffel fyngekap
1 eetlepel gemmer vars en fyn gerasper
1 pakkie tamatiepuree
1 teelepel borrie
2 teelepels sout
1 of 2 vars rissies in ringetjies gesny met pitte
2 eetlepels Soyasous (die dik donker een)
2 teelepels bruinsuiker
1 eetlepel Garam Masala
Sout en peper na smaak
Metode
In 'n pot, braai in 2 eetlepels warm olie die Koemynsaad en Peperkorrels tot die geur uitkom en hulle begin skiet.
Voeg dan die uie by en braai bruin vir so 7 minute
Voeg knoffel en gemmer by en braai twee minute.
Voeg by die tamatie stukke, puree, borrie, sout, peper en rissies.
Roer deur en prut op medium hitte met n deksel op.
Sodra die tamatie sag is, voeg die hoender, soyasous en Garam Masala by. Prut op laag vir 30 tot 40 minute.
Bedien op gaar Basmatirys. Skep 'n lepel dik Griekse Yoghurt bo op met n paar fyn stukkies varsgekapte Koljander.