Tuesday, 8 March 2016

Nachos met bone



Nachos met bone

Bestanddele

2 klein pakkies Doritos-skyfies
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
2 brandrissies, gekap (opsioneel)
1 klein blikkie gebakte bone
gerasperde kaas (opsioneel)
Metode
Braai die ui, groenrissie en brandrissie tot deurskynend.
Voeg die bone by.
Braai totdat die meeste vloeistof verdamp het.
Pak die skyfies op 'n bord.
Voeg die bonemengsel bo-op.
Strooi die kaas oor.
Mikrogolf tot die kaas gesmelt het.
Eet met jou hande.

No comments:

Post a Comment