Sunday 6 March 2016

WONDERWOLK POF-OMELET




WONDERWOLK POF-OMELET
Min bestanddele word gebruik, so gebruik net die beste: vars vryloop-eiers, egte botter en pas gerasperde neutmuskaat. Hou die vulsel ook eenvoudig, selfs net gerasperde kaas en vars kruie. Bedien met roosterbrood vir ‘n bietjie tekstuur.
Genoeg vir 1 omelet
. 2 eiers
. sout en peper na smaak
. gerasperde neutmuskaat
. ‘n stewige klontjie botter (nie margarien nie)
. vulsel van jou keuse
1. Skei die eiers. Klits die eierwitte totdat dit stywe punte vorm.
2. Gooi 15 ml kraanwater by die eiergeel in ‘n bakkie en klits tot skuimerig. Geur met sout en peper.
3. Smelt botter in ‘n mediumpan, gooi die eierwit in die pan en giet dan die geklitste eiergeel bo-oor. Moenie roer nie.
4. Bak tot goudbruin onder en met die eierwit geset, maar nog wolkerig. As jy wil kan jy die omelet met pan en al vir ‘n minuut onder die roosterelement plaas om die bokant hitte te gee.
5. Gooi die omeletvulsel oor die een helfte, vou oor en glip dit uit die pan tot op jou mooiste brekfisbordjie
BRON- BEELD