Friday 4 March 2016

Smullekker hamburgers




Smullekker hamburgers
.
◾500 g lamsmaalvleis
◾75 g Crosse & Blackwell Burger Mayonnaise
◾1/2 ui, fyngekap
◾2,5 ml sout
◾2,5 ml swartpeper
◾30 ml koekmeel
◾1 hand vol gekapte pietersielie
◾6 blokkies mozzarella-kaas van 2 x 2 x 2 cm elk
◾60 ml olyfolie
◾6 vars broodrolletjies
◾6 skywe tamatie
◾6 skywe rooi-uie
◾100 g vars slaaiblare
◾ekstra Crosse & Blackwell Burger Mayonnaise vir voorsit
Verhit oond tot 180 °C. Plaas maalvleis, 75 g mayonnaise, ui, sout, peper, koekmeel en pietersielie in mengbak en meng goed. Verdeel die mengsel in 6 balle. Plaas een bal in jou hand en druk met jou duim ’n gat groot genoeg vir die kaas in die middel. Druk kaasblokkie in die gaatjie en maak weer netjies toe. Druk die bal effens plat tot dit soos ’n hamburger-patty lyk. Doen dieselfde met die res van die balle. Verhit pan tot warm. Gooi olyfolie in pan en braai vleiskoekies sowat 1 minuut of tot goudbruin aan elke kant. Plaas op bakplaat in warm oond vir sowat 10 minute. Sny broodjies in helfte deur en verdeel tamatie, rooi-uie en slaaiblare tussen broodjies. Plaas vleiskoekie bo-op elk en skep ekstra Crosse & Blackwell Burger Mayonnaise oor. Sit voor.