Sunday 6 March 2016

Kerrie-uiesmoor




Kerrie-uiesmoor

Kerrie-uiesmoor
Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook en skep daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak die frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor bo-oor.
Bak vir een uur teen 180º C.