Monday 14 March 2016

Volstruisnek potjie




Volstruisnek potjie

Bestandele:
1 Groot Ui
4 Groot knoffelhuisies
2kg Volstruisnek
250g spek stukke (vetterig, verkieslik)
1 Blik Tamaties (heel of stukke)
1 Sak Potjie groente (te koop by meeste groot handelaars)
1 Groot Botterskorsie
1 Koppie Rooiwyn
1 Koppie Hoenderaftreksel (of bees, soos vroeër genome)
1 Teelepel Masala Poeier
2 lourierblare
1 Eetlepel Heuning
½ Koppie Asyn
Speserye (Ons het Ina Paarman se Roosmaryn en Olyf mengsel gebruik)

Metode:
Plaas die vleis in ʼn bak en bedek met die speserye en die asyn. Gooi so bietjie olyfolie oor die mengsel en marineer vir twee tot vier ure.
Sodra die vuur reg is, bak die spek in die pot tot daar ʼn lekker lag vet agter bly. Haal die spek uit en sit dit een kant. Gooi die ui stukke, lourierblare, masala en knoffel in die pot en braai tot die uie deurskynend is (gooi olyfolie by indien nodig), haal dit uit en sit dit sommer saam met die spek..
Haal die vleis uit die marinade en hou die marinade een kant toe. Braai in die olie tot dit lekker bruin is. Las die ander gekookte bestanddele saam met die vleis asook die blik tamaties, die aftreksel, rooiwyn, marinade en die heuning. Sit omtrent ʼn ¼ van die botterskorsie in die mengsel. Laat die prut vir so twee ure. Voeg die groente met die res van die skorsie in op ʼn later stadium (afhangende van hoe sag jy dit wil hê) maar gee dit so halfuur om goed te kook.
Bedien met rys of stampmielies.
Mens kan lekker speel met ʼn potjie. Solank die hitte reg is kan daar nie veel fout gaan nie