Monday 14 March 2016

3 x Maklike Marinades



Maklike Marinades

Appelsap Marinade
Wat jy gaan nodig hê:
½ Koppie appelsap
1 Koppie balsamiese asyn
1 Eetlepel Italiaanse spesery mengsel
½ Teelepel gemaalde swartpeper
1 Teelepel knoffel poeier
1 Ui, dun gesny
Gooi al die bestanddele in ʼn bak en meng geleidelik tot die sous bymekaar kom. Plaas die vleis saam met die mengsel in ʼn seël sakkie ʼn marineer vir ten minste 3 ure.

Heuning en Soja
Wat jy gaan nodig hê?
¾ Koppie Olyfolie
¼ Koppie Soja sous
¼ Koppie Heuning
2 Eetlepels asyn
2 Eetlepels gekerfde ui
2 Gekerfde knoffelhuisies
Gooi al die bestanddele in ʼn bak en meng geleidelik tot die sous bymekaar kom. Plaas die vleis saam met die mengsel in ʼn seël sakkie ʼn marineer vir ten minste 3 ure.

Teriyake en Suiker
Wat gaan jy nodig hê?
3 Eetlepels Teriyake sous
2 Eetlepels bruin suiker
½ Lemmetjie se sap
1 Teelepel gemaalde rooipeper korrels
1 Eetlepel vars gerasperde gemmer
3 Gekneusde knoffelhuisies
2 Eetlepels olyfolie
1 Eetlepel uie vlokkies
Gooi al die bestanddele in ʼn bak en meng geleidelik tot die sous bymekaar kom. Plaas die vleis saam met die mengsel in ʼn seël sakkie ʼn marineer vir ten minste 3 ure.