Monday 14 March 2016

Meksikaanse Maalvleis





Meksikaanse Maalvleis

Wat jy gaan nodig hê
  • 1 Eetlepel olyfolie
  • 500g Bees/Wilds maalvleis
  • 1 Fyn gekerfde ui
  • 1 Teelepel knoffel
  • 1 Mielie (mielies van die stronk afgehaal)
  • 1 Fyn gekerfde rooipeper
  • 1 Gekerfde rissie (een met jou persoonlike brandsmaak komplimenteer)
  • 1 Eetlepel Cayenne peper
  • 2 Fyn gesnyde tamaties
  • 4 Wit sampioene (in skyfies gesny)
  • 1 Teelepel tamatiepasta
  • ½ Koppie water of vleisafkooksel
  • 1 Koppie gemengde kruie
  • ʼn Stysel om saam die vleis te eet soos heel, groot aartappels
Verhit die olie in ʼn braaipan. Sit die uie in met die knoffel en kook totdat die uie begin deurskynend raak. Voeg die peperstukkies, die mielies, die rissie, die Cayenne peper en tamaties. Kook vir so 5 minute op hoë temperatuur. Voeg jou vleis by en wag vir die kleur om te begin bruin raak. Voeg dan die tamatiepasta in en kook vir 5 minute. Voeg jou sampioene by saam met die kruie en vleisafkooksel en kook vir 10 minute teen ʼn medium temperatuur of totdat die sous meestal afgekook is. Voeg sout volgens smaak.
Bedien saam met ʼn stysel soos ʼn heel, oopgesnyde aartappel of ʼn vars roosterkoek. Vir n ekstra smaak van Meksiko, eet saam met suurroom en guacamole.