Thursday 17 March 2016

Vislasagna en koolslaai



Vislasagna en koolslaai
Bestanddele
1 x 410 g blik sardyne in tamatie
1 x 410 g blik tamatiesmoor
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 teelepel suiker
lasagna-velle
500 ml witsous
1 koppie sterk cheddarkaas, gerasper
knippie neutmuskaat
Koolslaai
½ kop kool
3 wortels
1 koppie mayonnaise
1 teelepel kerrie
1 teelepel suiker
handvol pampoenpitte
handvol sonneblomsade
Metode
Braai die ui en soetrissie in olie.
Voeg sardyne, tamatiesmoor en suiker by.
Maak die vis fyn.
Prut vir 5 minute.
Voeg die kaas en neutmuskaat by die witsous.
Plaas 'n bietjie witsous in 'n oonbak.
Bedek dit met een laag lasagna.
Voeg die vismengsel bo-op.
Herhaal die proses totdat die bestanddele op is.
Sorg dat witsous heel bo-op is.
Bak vir 30 minute teen 180 grade.