Thursday 17 March 2016

Cass Abrahams se pekelvis




Cass Abrahams se pekelvis
Bestanddele
1 kg stokvis, in groterige blokke gesny
meel, gemeng met sout en peper
Sous
baie uie
2 koppies asyn
1 koppie water (indien die asyn se suurinhoud 10% is, voeg meer water by)
3 naeltjies
2 wonderpeperkorrels
‘n paar peperkorrels
genoeg knoffel, in skyfies gesny
1 teelepel gemaalde koljander
1 teelepel komyn
1 teelepel borrie
2 teelepels Masala
1 lourierblaar
sout, na smaak
suiker (begin met 'n halwe koppie en voeg verder by na smaak)
Metode
Sous
Braai die uie - dit moet nog deurskynend en krakerig wees.
Voeg die res van die sousbestanddele by en kook vir 10 minute.
Voeg aan die einde 1 teelepel meelblom (gemeng met 'n bietjie water) by indien jy die sous dikker wil hê.
Doop die stukke vis in die meelmengsel, en braai dit in 'n pan met 'n bietjie olie tot gaar, maar nog sappig. (Moenie die vis te gaar maak nie)
Sodra die vis gaar is, voeg dit by die warm sous.