Tuesday 1 March 2016

Veselryke bosbessie-beskuit




Veselryke bosbessie-beskuit

Lewer omtrent 90 stukke

7 x 250 ml (1 kg) bruismeel
8 ml (1½ t) koeksoda
10 ml (2 t) sout
4 x 250 ml (4 k) spysverteringsemels
250 ml (1 k) pitlose rosyne
250 ml (1 k) sonneblomsaad
250 ml (1 k) droë bosbessies (cranberries)
310 ml (1¼ k) bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
750 ml (3 k) karringmelk
500 g botter of margarien, gesmelt

Metode
1. Sif die meel, koeksoda en sout saam. Voeg die spysvertering- semels, rosyne, saad, bosbessies en suiker by.
2. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg om die beurt met die gesmelte botter by die droë bestanddele.
Meng goed saam.
3. Vorm in balletjies en pak in twee gesmeerde panne van omtrent 24 x 34 cm.
4. Bak omtrent 40 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C.
Keer uit op draadrakke om af te koel.
Breek in stukke en droog oornag of 6 – 8 uur teen 50 °C.

Variasie
Vervang die rosyne deur enige neute soos pekan- of pistasieneute.