Tuesday 1 March 2016

Knoffelkaasbrood




Knoffelkaasbrood 

500 g bruismeel ( 1 klein pakkie )
5 ml sout ( 1 t )
60 ml margarien, by kamertemperatuur ( 1/ 4 k )
125 ml Cheddarkaas, gerasper ( 1/ 2 k )
3 knoffelhuisies, gerasper
400 ml karringmelk ( 1 3/ 4 k )
25 ml pietersielie ( 2 E )
Paprika

METODE

Smeer of bespuit een middelmatige broodpannetjie met kleefwerende kossproei. Verhit oond tot 180 C.
Sif die bruismeel en sout saam. Vryf die botter daarin tot goed gemeng. Voeg die kaas, knoffel, pietersielie en karringmelk by en meng tot `n sagte deeg.
Skep die deeg in die pannetjie en strooi `n bietjie paprika bo-oor.
Bak vir ongeveer 45 minute.
Die deeg kan ook in `n plastiese houer met `n interessante fatsoen vir 7 minute op volle krag in `n mikrogolf oond gebak word.
Laat dan 10 minute staantyd toe.