Tuesday 1 March 2016

Rooifluweelstaafkoek




Rooifluweelstaafkoek


Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40 min.
KOEK
2 eiers
250 ml (1 k) olie
250 ml (1 k) karringmelk
15 ml (1 e) asyn
5 ml (1 t) vanielje
’n paar druppels rooi koskleursel
625 ml (2½ k) meel
500 ml (2 k) suiker
30 ml (2 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
VERSIERSEL
60 g roomkaas, versag
30 g botter, versag
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
180 ml (¾ k) versiersuiker
Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ’n middelslag-broodpan.
  1. Koek Klits al die nat bestanddele saam in ’n groot bak tot gemeng. Sit eenkant.
  2. Meng al die droë bestanddele saam in ’n groot bak.
  3. Meng die nat en droë bestanddele tot goed gemeng. Skep die beslag in die broodpan en bak 40 min. of tot ’n tandestokkie skoon uitkom. Laat ’n paar minute afkoel en keer uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
  4. Versiersel Plaas die roomkaas, botter en vanielje in ’n bak. Klits tot bleek. Voeg die versiersuiker geleidelik by die mengsel en klits tot gemeng. Skep oor die koek.