Tuesday 1 March 2016

Tunaslaai.




Tunaslaai.
Genoeg vir 4

Jy kan die slaai die vorige aand maak en in ’n kosblik werk toe vat. Dit is ook ’n heerlike vulsel vir jou kinders se toebroodjies.

BESTANDDELE
1 blikke tuna in soutwater, gedreineer
1 eetlepel vars gekapte pietersielie
¼ koppie gekapte seldery
½ koppie mayonnaise
½ teelepel suurlemoensap
¼ koppie fyngekapte wit ui
1 knoffelhuisie, fyngemaak
sout, peper en paprika na smaak
METODE
1. In ’n groot mengbak, meng die tuna, pietersielie, seldery, mayonnaise, suurlemoensap ui, knoffel, sout, peper en paprika.
2. Meng goed en verkoel in die yskas.