Tuesday 1 March 2016

Thaise groenkerrie.




Thaise groenkerrie.
Genoeg vir 4

Dié groenkerrie met hoender is ’n smaaklike, eksotiese maaltyd wat jy binne ’n halfuur aanmekaar kan slaan.

BESTANDDELE
1 teelepel olyf -of kokosneutolie
500 g hoenderborsies in stukkies gesny, met die vel verwyder
½ ui, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 pakkie (ongeveer 300 g) groenboontjies, gesny in stukkies so lank soos jou duim
1 blikkie kokosneutmelk
1 sakkie Thaise groenkerriepasta (Woolworths s’n is lekker)

METODE
1. Verhit 1 teelepel olie in ’n wok of braaipan. Voeg ui by en braai tot deurskynend. Voeg die soetrissie en groenboontjies by en braai nog 2 minute.
2. Voeg die hoender en groenkerriepasta by en braai totdat die geure van die pasta begin uitkom.
3. Voeg nou die kokosneutmelk by. Laat prut vir vyf tot tien minute, totdat jy seker is die hoender is gaar en die sous effens begin verdik.