Tuesday 1 March 2016

Spaanse fritata





Spaanse fritata
Genoeg vir 4
Rasper die kaas en kap die tamaties en ham reeds die vorige aand op. So kan jy nog tyd bespaar wanneer jy dié maklike ontbyt maak.
BESTANDDELE
120 g ham of ander koue vleis, in stukkies gesny
8 groot eiers, liggies geklits
½ koppie gekapte, ingelegde jalapeno-rissies
½ koppie fyngekapte vars tamaties
275 g gerasperde kaas
METODE
1. Stel die oond op 180 °C.
2. Bespuit ’n groot oondpan met Spray n Cook, en verhit die ham daarin. Voeg die eiers, jalapeno-rissies en kaas by die ham en bak oor medium hitte vir 4-5 minute.
3. Verwyder nou die pan en plaas onder jou oond se element vir 3-4 minute, totdat die fritata lig en pofferig voorkom. Sit dadelik voor.