Thursday 10 March 2016

Tess se Heerlike Broodjie




Tess se Heerlike Broodjie
Die broodjie hou lank en as dit gesny en gevries word, is ‘n paar minute in die broodrooster al wat nodig is om dit weer te ontdooi
– 1 koppie sonneblomsaad
– ½ koppie gemaalde lynsaad
– ½ koppie gekapte amandels of haselneute
– 1 ½ koppie gerolde hawer
– 2 teelepels chia sade
– 4 eetlepels psillium vesel
– 1 teelepel seesout
– 1 eetlepel heuning
– 3 eetlepels gesmelte kokosneutolie
– 1 ½ koppies water
Roer die laaste drie bestanddele saam en voeg by droë mengsel. Meng en laat staan vir ‘n uur of langer. Bak in ‘n broodpannetjie teen 180 grade C vir 45-60 minute. Haal die brood na 20 minute uit die pannetjie en laat dit die res van die baktyd op die oondrak gaar word.