Thursday 10 March 2016

Glutenvrye Aartappel en Kaas Muffins




Glutenvrye Aartappel en Kaas Muffins
Hierdie geurige muffins is ideaal vir ‘n vinnige ontbyt, in ‘n kospakkie of as deel van ‘n ligte middagete, lewer 12 muffins.
Bestanddele:
– 1 koppie aartappelmeel
– ½ koppie rysmeel
– 1 eetlepel suiker of xylitol
– 15ml bakpoeier
– ½ teelepel sout
– Knippie paprika
– 2/3 koppie gerasperde kaas
– 2 eiers, geklits
– 75ml olie
– 100ml melk
Metode:
1. Sif die meel, suiker, bakpoeier, sout en paprika saam.
2. Roer die kaas deur die meelmengsel.
3. Klits die melk, eiers en olie saam en roer by die kaas-en-meelmengsel
4. Skep in gesmeerde muffinpannetjies en bak vir ‘n halfuur by 180 grade Celsius of tot goudbruin.