Thursday 10 March 2016

Strelende Sout Bad Resep




Strelende Sout Bad Resep
Die gebruik van sout in die bad het baie wonderlike terapeutiese voordele, insluitend om lighoofdigheid, wat sommige mense ervaar wanneer hulle in warm water bad, te verlig. Koeksoda help die liggaam om van gifstowwe ontslae te raak asook om die suurbalans van die vel te herstel. Engelse sout help met ontspanning, streel moeë spiere en speel klaar met spierkrampe. Appelasyn help om die vel se ph neutraal te hou en verhoed dat dit te droog of olierig is.
1/4 koppie seesout of Himalaja sout
1/4 koppie Engelse sout
1/4 koppie koeksoda
1/3 koppie appelasyn
5 druppels laventel- of roosmaryn olie (roosmaryn is goed vir die sirkulasie terwyl laventel help vir ʼn salige nagrus)
Meng die sout, Engelse sout en koeksoda en hou dit eenkant in ‘n bakkie. Tap die badwater in en gooi die appelasyn in die water. Sprinkel die soutmengsel in en voeg die essensiële olies laaste by.
Week in die bad vir 20 minute of meer. Onthou altyd om vloeistofvlakke aan te vul deur baie water of kruietee te drink na ‘n warm bad. Wend ‘n vogroom aan terwyl die vel nog effe klam is.