Thursday 10 March 2016

TANNIE MARGIE SE GRENADELLA SPONSKOEK




TANNIE MARGIE SE GRENADELLA SPONSKOEK
GENOEG VIR 8-10
BEREIDINGSTYD 40 MINUTE
GAARMAAKTYD 30 MINUTE
BESTANDELE:
KOEK:

3 groot eiers
1½ k koekmeel
1½ k suiker
pulp van 5 vars grenadellas
(die geblikte soort werk nie!)
¾ k melk
125 g botter
15 ml bakpoeier
VERSIERSEL:
2 k versiersuiker
125 g botter
pulp van 2 grenadellas
AANWYSINGS
1 Verhit die oond tot 180 oC.
2 Klits die eiers vir drie minute. Gooi die suiker geleidelik by en klits tot donsig.
3 Sif die meel drie keer en voeg dan by die eier-en-suikermengsel.
4 Voeg die grenadella-pulp by.
5 Verhit die melk op die stoof.
6 Smelt intussen die botter en voeg by die warm melk.
7 Roer die melk-en-bottermengsel geleidelik by die meelmengsel.
8 Voeg nou die bakpoeier by en roer deur.
9 Verdeel die beslag tussen twee ronde koekpanne en bak vir 25 minute.
10 Sif die versiersuiker, voeg die botter by en klop. Roer die grenadella-pulp deur en smeer oor die koek.
Bron: Rapport / Sam Woulidge