Thursday 10 March 2016

HEUNING BROOD BOLLETJIES




HEUNING BROOD BOLLETJIES
Dié mosbolagtige heuningbrood is op sy beste vuurwarm uit die oond met kaneelbotter of Marmite. Vir ontbyt doen brosgebraaide spek en ’n skyf of twee verouderde gouda die ding.

 20 ml kitsgis
90 ml heuning
160 ml louwarm klappermelk
3 piesangs, plus ekstra water
1 eier, geklits
30 ml botter, gesmelt
5 ml sout
4 x 250 ml (4 k) witbroodmeel
Olyfolie of gesmelte botter, vir smeer
160 ml gekapte amandels
Ekstra heuning

METODE:
Meng die gis en heuning met die louwarm klappermelk en laat eenkant staan tot dit begin borrel.
Maak die piesangs fyn in ’n voedselverwerker. Indien nodig, voeg ’n bietjie water by sodat jy 170 ml pulp het. Gooi die eier, botter, sout en meel in ’n
mengbak en meng goed.
Voeg die gismengsel en piesangmengsel daarby en meng alles saam. As dit te dik lyk, voeg ’n bietjie louwarm water by. Knie vir
10 minute in ’n elektriese menger of knie met die hand op ’n meelbestrooide oppervlak tot sag en elasties. Die deeg moet hanteerbaar wees en nie meer aan jou hande vaskleef nie.
Smeer die deegbal met olyfolie of botter en laat rys tot dubbel die grootte op ’n warm plek. Knie af en sny in twee. Verdeel elke
stuk in 9-12 bolletjies. Pak die bolletjies styf teen mekaar op twee gesmeerde bakplate en sprinkel die neute oor en drup heuning oor. Laat rys vir nóg 30 minute en bak vir 20 minute minute teen 200 °C. Sit warm voor.

 Lewer twee brode.
Bron: Arina du Plessis