Monday 14 March 2016

Tannie Anna se Soet Patat Dis




Tannie Anna se Soet Patat Dis
Bestandele
+- 4 patats geskil en gekook
1 Rol Today skilferkorsdeeg
1 Koppie kaneelsuiker...
1 Koppie bruinsuiker
250ml (1 koppie) Room

Metode
Rol deeg uit (nie te dun nie)
Smeer patat oor die deeg
Strooi 3/4 van die koppie kaneelsuiker oor die patat
Rol die deeg op en laat vir ‘n rukkie in die koelkas rus
Sny in wiele
Pak wiele in vuurvaste glasbak
Meng bruinsuiker en room, en skep oor patatwiele
Strooi oorblywende kaneelsuiker oor
Bak vir 45 minute op 160 grade in ‘n elektriese oond/210 grade in ‘n gas stoof