Monday 14 March 2016

Hoender Pops




Hoender Pops
Wat jy gaan nodig hê:
•Sout
•Peper
•Speserymengsel van U keuse
•1 Koppie Karringmelk
•1 Koppie Koekmeel
•4 Hoenderfilette (Velloos), gesny in blokkies van so 2cm
•1 Koppie Kookolie
•2 – 4 Mielies
•1 Dip Sous
Begin deur die karringmelk in ʼn vlak bakkie te gooi. Doen dieselfde met die koekmeel.
Bedek die hoenderblokkies met of die sout en peper, of jou eie mengsel van speserye. Plaas die hoenderblokkies in die bakkie met die karringmelk en bedek mooi.
Maak seker enige ekstra karringmelk word afgeskud. Gooi dan die hoender in die bak met die meel.
In ʼn dieperige souspan, verhit die olie. In porsies, begin met die hoender te braai in die pan vir min of meer 2 minute aan elke kant. Sodra dit lekker bruin is, haal dit uit en laat die olie dreineer.
Intussen kan jy die mielies in ʼn pot met kookwater kook. Tussen 4 en 6 minute, afhangende van die grote van die stukke. Bedien die mielies met botter en sout saam met die dip souse vir die hoender.