Monday 14 March 2016

Frikadelle op die braai




Frikadelle op die braai
Resep:
2kg Wildsmaelvleis
3 Snye witbrood sonder korsies, geweek in water
2 Eiers, geklits
2 Medium uie in fyn gekap
‘n Knippie rissiepoeier of swartpeper
3 Huisies fyngedrukte knoffel
1 Teelepel basiliekruid
2 Eetlepels suiker
Sout na smaak
1 Eetlepel fyn gekapte vars pietersielie
3 Tamaties in blokkies gesny
1 Eetlepel fyn gekapte vars koljander
Metode:
1. Druk oortollige water uit brood en meng met die res van die bestandele.
2. Maak ronde medium balletjies van mengsel. Vorm liggies sodat growwe tekstuur van vleis behou word.
3. Braai op stadige kole tot gaar. Balletjies kan in tinfoelie gebraai word.
4. Bedien met souse en bykosse.
*Vir variasie, maak worsies uit die mengsel in plaas van ronde balletjies.