Thursday 3 March 2016

Swartwoud-maaskaastert




Swartwoud-maaskaastert

Krummelkors
■ 1 pakkie (200 g) Oreo-koekies, goed fyngedruk
■ 30 ml gemaalde amandels...
■ 80 ml-100 ml gesmelte botter

Vulsel
■ 1 blik (397 g) volroom-kondensmelk
■ 1 houer (230 g) geroomde maaskaas
■ 60 ml vars suurlemoensap

Bolaag
■ 250 ml room
■ 15 ml strooisuiker
■ 60 ml kersielikeur
■ 1 blik (415 g) swartkersies, goed gedreineer (hou ’n bietjie van die stroop eenkant)
■ Grof gekrummelde Flake, sjokoladeblare of
sjokoladekrulle, om mee te versier

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n 22 cm-losboomtertbord met botter. Meng die beskuitjiekrummels, gemaalde amandels en gesmelte botter goed saam en druk dit op die boom en teen die kante van die tertbord vas. Verkoel tot benodig.

Klits die kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap goed saam. Skep oor die beskuitjiesbasis en smeer gelyk. Sit die tert in die oond en skakel die oond onmiddellik af sodra die tert in die oond geplaas word. Los die tert vir 30 minute in die warm oond. Haal uit, laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot nodig.

Vir die bolaag: Klits die room, suiker en kersielikeur saam tot stywe punte vorm. Skep of spuit die room in ’n mooi patroon op die tert. Rangskik die kersies bo-op en versier met stukkies Flake of sjokoladeblare of -krulle. As jy wil, kan jy die stroop uit die kersieblik met ’n bietjie strooisuiker meng en afkook. Laat dit goed afkoel en drup die koue kersiestroop oor die tert net voor jy dit voorsit. Lewer 12-14 porsies.