Thursday 3 March 2016

SKONS




SKONS
Bestanddele
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
sif saam en meng dan met;
1 eier
¾ koppie melk/jogurt/room/suurroom – vul verder met water tot die koppie vol is.
Metode
Rol deeg op ʼn tafel wat met meel besprinkel is, tot ongeveer 1½ duim dik. Gebruik koekiedrukker om afsonderlike skons uit te druk. Bak by 200 grade vir ± 10 minute.
Wenk
Gebruik ʼn mes om alles mee te meng. Die geheim is dat dit nie te veel gemeng moet word nie.