Thursday 3 March 2016

3 Bestanddele Piesangbrood




3 Bestanddele Piesangbrood – Maklike Vinnige Resep

Die 3 bestanddele piesangbrood resep kom handig te pas as die geldjies bietjie aan die nou kant is en jy lus is vir ‘n piesangbroodjie. Hierdie resep is baie maklik om te maak en ook goedkoop....

Prep Tyd: 10 minutes
Kook Tyd: 1 hour
Totale Tyd: 1 hour, 10 minutes

Opdien Grootte: 1 Piesang Brood

Bestanddele:

6 Ryp piesangs
500 g Bruismeel
1 Blikkie (400 ml) klapperroom

3 Bestanddele Piesangbrood Metode:

Maak die piesangs fyn in jou mengbak.
Roer die meel by.
Roer die klapperroom by.
Smeer jou oondpannetjie.
Bak teen 180°C vir 60 minute.
Optioneel:

Jy kan n klein bietjie (5ml) fyn kaneel by die broodjie inroer.

Dit gee dit net n dieper smaak. En moet nie die knippie sout vergeet nie!