Tuesday 22 March 2016

Stampmielies en boontjies met vleis




Stampmielies en boontjies met vleis
Bestanddele
270 g (350 ml) stampmielies
200 g (250 ml) suikerbone
15 ml (1 e) olyfolie
500 g stowe lamsvleis, oortollige vet verwyder en in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
2-3 murgpampoentjies, gehalveer en in dun skyfies gesny
3 wortels, grof gerasper
1 selderystingel met blare, in skyfies gesny
1 liter (4 x 250 ml) hoenderaftreksel
2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie or orego
25 ml (5 t) gekapte vars pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
1. Bedek stampmielies en bone met genoeg koue water en week oornag. Dreineer goed.
2. Verhit olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai vleis aan alkante tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
3. Braai ui en knoffel in dieselfde kastrol tot net sag. Roer stampmielies en bone by en voeg die res van die groente (maar nie die tamaties nie), aftreksel en vleis by.
3. Verlaag hitte en prut met ‘n deksel vir 2-2½ ure of tot die stampmielies en bone sag is.
4. Voeg tamaties en kruie by en geur na smaak met sout en peper. Prut vir nog 15 minute en sit warm voor.
Wenke:
1. Die gereg kan ook as vegetariese maaltyd, sonder die vleis berei word. Laat dan net stap 2 uit. ’n Blikkie rooi nierbone of wit boontjies kan ook met die tamaties bygeroer word.
2. Sonder vleis, is hierdie ook ’n gewilde bygereg.
3. Sny 2-3 groot spinasieblare in repe en roer met die tamaties by.
4. Berei die gereg in ’n drukkastrol, dan hoef die stampmielies en bone nie geweek te word nie. Volg stap 2 en 3 en voeg droë stampmielies en bone met die aftreksel by.Prut op die hoogste druk vir 1 uur, roer dan die tamaties by en verhit deur soos in stap 4.