Tuesday 22 March 2016

Paaskolwyntjies




Paaskolwyntjies
Bestanddele
225 g sagte botter...
¾ k (185 ml) ligte bruinsuiker
3 eiers
2 k (500 ml) koekmeel
1 t (5 ml) gemengde speserye
1½ t (± 7 ml) bakpoeier

1 t (5 ml) sout
½ k (125 ml) sultanas
½ k (125 ml) rosyntjies
1 appel, gerasper
Versiersel
1 houertjie roomkaas
½ k (125ml) versiersuiker
15 ml suurlemoensap

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C
Spuit die kolwyntjie pannetjie met kleefwerende sproei.
Room die botter en bruinsuiker tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by, en meng deeglik na elke byvoeging.
Sif die meel, gemengde speserye, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak en vou by die eiermengsel in.
Meng die sultanas, rosyne en gerasperde appel by die mengsel in.
Skep die holtes van die kolwyntjiepannetjies driekwart vol en bak vir 15 - 20 minute of todat ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat dit afkoel.
Meng die roomkaas, versiersuiker en suurlemoensap saam in ‘n mengbak en plaas dit in ‘n spuitsak met ‘n 5 mm deursnee spuitpunt.
Spuit ‘n kruis op die kolwyntjies wanneer afgekoel.