Friday, 4 March 2016

Frikkadel-kerrie




Frikkadel-kerrie
Genoeg vir 6
◾45 ml olyfolie
◾1 ui, fyngekap
◾30 ml vinkelsaad
◾45 ml gerookte masala
◾30 ml rissievlokkies
◾20 ml borrie
◾2 lourierblare
◾410 g-blik klappermelk
◾410 g-blik All Gold Peeled Tomatoes
◾405 g-pakkie All Gold Tomato & Herb Pasta Sauce
◾1 hand vol koljander, fyngekap
◾sout en varsgemaalde swartpeper
◾18 frikkadelle van jou keuse
Sous Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, speserye en lourierblare by. Roerbraai 5 minute of tot uie begin verbruin. Gooi klappermelk, tamaties en pastasous by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 20 – 25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur met sout en peper.
Frikkadelle Verhit oond tot 180 °C. Pak frikkadelle in oondroosterbak en gooi kerriesous oor. Bak 25 – 30 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit voor.

No comments:

Post a Comment