Wednesday 23 March 2016

SJOKOLADE MUFFINS MET PAASEIERS




SJOKOLADE MUFFINS MET PAASEIERS
Hierdie muffins is heerlik klam en die karamel-sjokolade paaseier in die middel is voorwaar 'n verrassing! As jy nie klein karamel-sjokolade paaseiers in die hande kan kry nie, kan jy ook paaseiers met praline binne gebruik.

 625 ml koekmeelblom...
20 ml bakpoeier
60 ml kakao
5 ml fyn kaneel
100 g botter of margarien
250 ml karamel suiker
375 ml melk
1 ekstra-groot eier
100 g donker sjokolade
12 klein paaseiers

 Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer of spuit 'n muffinpan. Sif die meel, bakpoeier,
kakao en kaneel in ‘n mengbak. Vryf die botter daarby in tot die mengsel krummelrig
is. Roer die suiker in. Klits die melk en eier saam. Smelt die sjokolade in ‘n glasbak
bo-oor warm water of in die mikrogolf. Voeg dit by die melkmengsel. Voeg die sjokolademengse
l by die droë bestanddele. Vou in tot net gemeng. Skep twee eetlepels van die beslag
in elke gesmeerde muffinholte. Sit ‘n eiertjie in die middle van die beslag. Bedek
die eiers eweredig met die res van die beslag. Bak vir ongeveer 20 minute of tot
die muffins gaar is.
Bedien warm of koud.
Lewer 12 muffins.
(Leanda se Resepte)