Wednesday 23 March 2016

PAASFEES BROODPOEDING




PAASFEES BROODPOEDING

6 Paasbolletjies, in stukke gesny...
1 Madeira-brood, in stukke gesny
1 piesangbrood, in stukke gesny
100 g botter, gesmelt
6 eiers
250 ml strooisuiker
500 ml room
500 ml melk
gerasperde skil van 1 lemoen
gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml vaniella geursel
versiersuiker en kaneel vir bestrooi
Smeer of spuit 'n oondvaste bak. Rangskik die paasbolletjies in die bak, pak die
Madeira bo-oor en dan die piesangbrood. Klits die botter, eier, strooisuiker, room,
melk skil en vanilla saam tot goed gemeng. Gooi dit oor die brood en druk die mengsel
plat. Laat staan dit vir 1 uur sodat dit brood die vloeistof kan absorbeer. Bak die
poeding vir 1 uur by 180 grade tot geset en gaar. Bestrooi met suiker en kaneel wanneer
die poeding afgekoel het.