Tuesday 8 March 2016

Sjokolade-lawapoedings




Sjokolade-lawapoedings


 Lewer 6 poedings.
Jy het nodig:
140 g ongesoute botter
140 g donkersjokolade, grofgekap, of donkersjokoladesplinters
3 eiers

3 eiergele
85 g strooisuiker
45 g koekmeel, gesif
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ses oondvaste bakkies (ramekins) met botter en plaas op ’n bakplaat.
2. Smelt die botter en sjokolade saam in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol kookwater.
3. Klits die eiers, eiergele en strooisuiker saam tot bleek en donsig. Klits die gesmelte sjokolade met ’n draadklitser by.
4. Vou die koekmeel in die sjokolademengsel in. Verdeel die mengsel tussen die bakkies en bak 10 tot 12 minute lank. Die poeding moet bo plat en nie heeltemal gestol wees nie.
5. Haal die koekies uit die oond en maak die kante versigtig met ’n mes aan die binnekant van elke bakkie los. Keer elke poeding versigtig in ’n poedingbakkie of bord uit en sit dadelik voor met room of roomys.
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared