Tuesday 8 March 2016

Mini-hoenderpasteitjies




Mini-hoenderpasteitjies


 Lewer 6 porsies.
Jy het nodig:
4 hoenderfilette, gesny in blokkies van 1 tot 1,5 cm in deursnee
1 e (15 ml) olie
1 mediumgroot ui, geskil en fyngekap
1 t (5 ml) fyngemaakte knoffel
1 x 400 g-blikkie hoenderroomsop

1 x 250 g-pakkie bevrore, fyngekapte groente (wortels, ertjies en mielies)
sout en peper na smaak
1 x 400 g-rol broskorsdeeg, ontdooi
1 eier
1 t (5 ml) water
Só maak ’n mens:
1. Smeer 6 klein bakkies (ramekins) en sit eenkant. Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die hoender by en braai tot bruin. Haal uit die pan en sit eenkant.
2. Voeg die ui en knoffel by die vorige pan en braai totdat die ui sag en deurskynend is.
3. Plaas die hoender terug in die pan en roer deur.
4. Voeg die hoendersop en groente by, verhit tot kookpunt en geur na smaak.
5. Verlaag die hitte en laat prut totdat die hoender heeltemal gaar en die groente sag is (10 tot 15 minute).
6. Verdeel die hoendermengsel tussen die 6 bakkies en laat dit afkoel.
7. Rol intussen die broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik.
8. Sny 6 sirkels uit wat ongeveer 1 cm wyer as die bakkies is.
9. Voorverhit die oond tot 220 °C. Klits die eier en water saam en bestryk elke deegsirkel met hierdie mengsel.
10. Plaas die eierkant bo-op elke gevulde bakkie. Bestryk dan ook die bokant van die deeg met die eiermengsel.
11. Bak 15 minute lank en verlaag dan die hitte na 200 °C. Bak dan totdat die kors opgepof en goudbruin is en die vulsel borrel – ongeveer ’n verdere 15 tot 20 minute.
9. Laat 10 minute lank op ’n draadrak afkoel voordat jy dit voorsit.
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared