Tuesday 1 March 2016

SIMBA CHIPS GEREG




SIMBA CHIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham of gebraaide spek
2 x 375ml gekrummelde skyfies (simba tjips - die kaas en uie en bbq werk baie lekker)
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met ekstra kaas en orige skyfies (gemeng) en bak 15–20 minute