Tuesday 1 March 2016

BEESVLEIS BREDIE MET KLUITJIES




BEESVLEIS BREDIE MET KLUITJIES
(eenskottel-dis)
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
 1 kg stowevleis, in blokkies gesny
 15 ml koekmeel
 30 ml olyfolie
 2 uie, gekap
 750 ml beesvleisaftreksel
 1 blik tamatiepuree
 5 ml droë ment
 1 pakkie pampoenblokkies
 150 ml bevrore mielies
 groente en vars ment om voor te sit
KLUITJIES:
500 ml bruismeel
2 groot eiers
10-15 ml Marokkaanse spesery-vryfmengsel (of ’n ander vryfmengsel)
METODE:
Rol die vleis in die meel. Verhit die olie in ’n kastrol en braai ’n klompie stukkies vleis op ’n slag bruin.
Skep al die vleis terug in die kastrol, voeg die uie by en braai vir vyf minute. Voeg die aftreksel, tamatiepuree en ment by en verhit tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut vir 11⁄2 uur tot die vleis byna sag is.
 Voeg die pampoen by en laat prut vir nog 10 minute.
Kluitjies Meng die meel, eiers, Marokkaanse speserye en genoeg water saam om ’n deeg te maak wat jy kan skep. Die mengsel moenie te sag wees nie.
Voeg die mielies by die vleis en skep die kluitjiemengsel bo-op. Sit die deksel op en laat liggies prut vir 20 minute tot die kluitjies gaar is – moenie die deksel voor die tyd oplig nie. Sit voor met groente en garneer met ment.,