Monday 14 March 2016

Potjie Tong




Potjie Tong
Wat gaan jy nodig hê:
  • 1 Groot Beestong (reg om te kook)
  • 1 Gekerfde Ui
  • ʼn Kwart rooi of groen peper
  • 2 Knoffelhuisies wat gekerf en fyn gestamp is
  • 1 Hand vol groenuie
  • ʼn Halwe koppie pietersielie
  • 6-8 Jalapeno rissies
  • Speserye (sout, peper ens.) volgens smaak
  • 3 Eetlepels kookolie
  • 500ml tot 1 liter water
Metode:
In ʼn groot swart pot (potjie pot), verhit die olie. Sit die beestong heel in en braai tot die hele tong bruin gekook is. Haal dit uit en laat dit rus op ʼn aparte bord. ʼn Lekker donkerbruin beteken die tong is geseël en die rant gaan lekker geur hê.
Sit dan jou uie, rooi/groen peper, knoffel, groenuie, pietersielie en rissies in die pot. Kook dié totdat die uie begin kleur verloor.
Terwyl die gedoente kook, terug na die tong toe. Sny die tong in lekker porsies of skywe van so 1-1,5 cm dik.
Sodra die uie deurskynend is, sit dan die tong stukke terug in die pot, bo op die uie en ander bestanddele. Bedek met water sodat die tong net-net heeltemal onder water is. Bring die hitte af tot so medium temperatuur en kook met die deksel vir 4 ure.