Monday 14 March 2016

Biltong-Steak en sampioen broodjie




Biltong-Steak en sampioen broodjie
Wat gaan jy nodig hê?
  • Vars, dik sny roosterbrood
  • Oorbly Steak
  • Droë koljander korrels
  • Hand vol sampioene, gesny in dun skyfies
  • Botter
  • 1 Ui (gesny in of ringe of in lang repies)
  • Heuning
  • Gerasperde kaas
Instruksie:
Begin deur om ui te braai in of olie of botter. Sodra die uie begin sag word, gooi so eetlepel heuning oor en roer geleidelik. Sodra die uie begin bruin raak kan dit afgehaal word van die hitte en eenkant gesit word vir die brood
Jy kan solank die brood met botter begin smeer en die blare opsit. Ons gaan binnekort klaar wees.
Sny die steak in lekker snye. Ons vind dat ʼn vleisie wat nog lekker pienk binne is die beste werk hierso. Begin dan solank om die sampioene te braai in die pan. Braai vir so 5-8 minute en gooi dan jou vleis by. Kneus die koljander om die effe fyn te maak en gooi dit oor die vleis en sampioene. Braai vir 5 minute. Net genoeg om die vleis warm te kry sonder om dit uit te droog. Haal dan af en laat dit rus. Die koljander gee dit daardie biltong smaak en werk goed saam met die soetigheid van die uie.
Kom ons bou die meesterstuk. Begin deur om jou soet uie bo op die blare te plaas. Plaas jou vleis-sampioen mengsel dan hier bo-op. Sprei ʼn bietjie kaas bo oor en daar het jy ʼn lekker broodjie wat nie net mooi lyk nie, maar smaaklik is.