Tuesday 22 March 2016

Frittata




Frittata
(8 - 10 porsies)
Olyfolie
1 groot ui, fyngekap
3 gerookte hoenderborsies, klein blokkies gesny
250 g kersietamaties, gehalveer
18 eiers, geklits
1 koppie melk
Sout en swartpeper na smaak
150 g bloukaas (of meer vir 'n sterker smaak)
Verhit die oond tot 180°C. Smeer 'n oondbak goed en hou eenkant. (as die pan waarin die ui gebraai word nie in die oond kan gaan nie). Verhit die olyfolie in 'n groot pan en braai die ui daarin tot sag en goudbruin. Roer die hoender, en kersietamaties by. Roer die eier en melk by en geur met sout en swartpeper. As die pan in die oond kan gaan, krummel die bloukaas oor en sit in die oond. Bak vir 25 tot 30 minute of totdat dit oraloor gestol het. Dit kan ook vir die laaste paar minute gerooster word tot effens goudbruin en borrelrig. Indien die pan nie in die oond kan gaan nie, giet die eiermengsel in die oondbak, krummel die kaas oor en bak in die oond. Dien op sodra dit uit die oond kom. Bedien met vars brood en croissants met kaas en konfyt vir ontbyt of brood of gebakte aartappelwiggies, slaai en witwyn vir 'n ligte ete.