Thursday 17 March 2016

Oupa se oorskietkos (Vleis en groente)



Oupa se oorskietkos (Vleis en groente)

Bestanddele

halwe pak gevriesde oondrooster-groente
groentespeserye
olie
oorskietvleis / -wors / -hoender, in stukkies gesny
sampioene
2 wiele fetakaas
1 koppie cheddarkaas, gerasper
braaivleissous (opsioneel)
Metode
Plaas groente in 'n oondbak.
Bedruip met die olie en spronkel die speserye oor.
Rooster die groente in oond tot sag.
Bedek die groente met die vleis.
Krummel die feta oor, en strooi die cheddarkaas oor.
Rooster vir 10 minute totdat kaas bruin is.
Gooi braaivleissous bo-oor as jy dit verkies.