Monday 14 March 2016

Ontbyt Pizza



Ontbyt Pizza

Wat jy gaan nodig hê:
  • Pizza deeg (of self gemaak of gekoop)
  • Kaas wors
  • Olyfolie
  • Gerasperde kaas
  • 4 Groot eiers
  • Speserye (sout, peper ens.)
  • Vars kruie van jou keuse (ons het koljander gebruik vir daardie vars geure)
  • ʼn Toemaak braai (soos ʼn Weber ens.)
Begin deur om die deeg uit te rol in ʼn ronde vorm. Smeer die olyfolie aan met ʼn kwas en bedek die hele pizza. Plaas dan die pizza op jou braai rooster. Braai aan die een kant tot dat die roostermerke verskyn. Draai dan om en doen dieselfde aan die onderkant.

In ʼn aparte pan, sommer ook op die braai se kole warm gemaak, braai die kaas wors totdat dit lekker styf is maar nie te gaar nie. Sodra dit klaar is, haal van die hitte af en sny in skyfies. Die gedeelte wat oorbly moet vir die sjef gegee word as ʼn dankie-sê-geskenkie

Sodra die deeg reg is, breek dan die eiers oop op die deeg en sit terug in die braai met die deksel op vir so 2 minute, of totdat die eiers begin stewig lyk. Versprei jou kaas oor die pizza en eiers. Voeg dan die wors skyfies. Sit dit weer op die  braai met die deksel toe vir so 2-3 minute.

Haal die pizza uit sodra die kaas lekker gesmelt het. Sprei jou speserye en kruie oor die pizza en bedien terwyl dit nog warm is en die eiers nog sag.

Indien jou braai nie so kan toevou nie, maak net seker jou oond is dan verhit tot so 180 grade Celsius en maak die pizza dan in die oond verder gaar.