Monday 14 March 2016

Biltong En Bier Brood



Biltong En Bier Brood

Wat jy gaan nodig hê:
  • 3 Koppies meel
  • 4 teelepels bak poeier
  • ¼ Koppie bruin suiker
  • 1 Bottel (340ml) van jou gunsteling bier
  • ½ Teelepel Sout
  • 1 Eetlepel Biltong Poeier

Instruksie
Maak seker jou oond is klaar verhit tot 180 grade Celcius
Meng die meel, suiker, bak poeier, biltong poeier en sout in n groot genoeg bak. Gooi dan jou bier in en meng dit geleidelik in. Sodra die beslag reg is, sit dit oor in n broodpan. Bak vir tussen 45 en 55 minute totdat die bokant van die brood ligbruin begin raak.
Laat dit rus vir so 15 minute voordat jy dit bedien.