Tuesday 8 March 2016

Ontbyt in ’n broodrolletjie




6 bros broodrolletjies
1 e olie
1 mediumgroot ui, gekap
1 t fyngekapte knoffel
6-8 spekrepies, gekap
3 mediumgroot tamaties, gekap
6 eiers
1 k cheddarkaas, gerasper
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
2. Sny die bokante af en hol die broodrolletjies uit, maar maak seker dat jy die rolletjie se “kors” heel hou.
3. Rangskik die broodrolletjies styf teen mekaar op ’n bakplaat om hulle regop te hou.
4. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel daarin.
5. Voeg die spek by en roerbraai ’n rukkie.
6. Voeg die tamaties by, braai sowat 2 minute lank en meng. Verdeel die ui-en-spekmengsel tussen die broodrolletjies.
7. Breek ’n eier binne elke gevulde broodrolletjie.
8. Bak 12 tot 15 minute lank in die oond, of tot gaar volgens jou voorkeur. Haal die bakplaat uit die oond.
9. Verdeel die kaas in 6 porsies en strooi ’n porsie oor elke gebakte eier. Plaas terug onder die oond se rooster totdat die kaas gesmelt is. Sit warm voor en geniet!
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared