Tuesday 8 March 2016

Gekrummelde mac-en-kaasskywe.




Gekrummelde mac-en-kaasskywe.

■ 250 g (halwe pak) macaroni

Witsous...
■ 60 ml elk botter en koekmeel
■ 560 ml warm melk
■ 375 ml gerasperde cheddarkaas
■ 5 ml sout
■ Knippie witpeper
■ 5 ml Dijon-mosterd

Krummellaag
■ 180 ml gegeurde koekmeel
■ 3 eiers, geklits
■ 375 ml vars witbroodkrummels
■ Olie, vir braai

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n oondvaste bak met botter. Kook die pasta in soutwater wat vinnig kook tot sag, maar ferm.

Terwyl die pasta kook, berei die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof, voeg die koekmeel by en roer tot glad. Verhit tot die mengsel borrel, terwyl jy ongeveer 1 minuut lank aanhoudend roer. Voeg die melk by en verhit tot die sous kookpunt bereik terwyl geroer word. Roer die sout, peper en mosterd by en laat prut vir 3 minute, roer voortdurend.

Haal van die stoof af, voeg die kaas by en roer tot goed gemeng. Giet die sous oor die pasta en meng deur. Skep in die gesmeerde oondbak en bak vir 20-30 minute tot ferm en goudbruin.

Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel verder tot yskoud. Sny die macaroni-en-kaas in skywe en lig dit met ’n eierspaan uit die bak. Bestuif eers die pastaskywe met meel, doop dan in geklitste eier, sodat dit met ’n egalige eierlagie bedek is. Rol laastens elke pastaskyf in broodkrummels en druk dit goed met jou hande vas.

Verkoel tot benodig of braai sommer dadelik in vlak, matige warm olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit dadelik met jou gunstelingsous voor.