Tuesday 8 March 2016

Olyf- en roosmarynfocaccia




Olyf- en roosmarynfocaccia

Bestanddele

Dag 1: (Voordeeg)
350 g wit broodmeel
75 g rogmeel
425 ml water
2 g vars gis (net 'n knypie)
Dag 2:
425 g wit broodmeel
300 ml water
20 g sout
10 g vars gis
olywe, ontpit
roosmarynblare
Maldon-seesout
Metode
Dag 1: (Voordeeg)
Meng al die bestanddele saam.
Bedek en laat dit teen kamertemperatuur fermenteer vir ongeveer 8 ure.
Dit behoort sponserig te lyk, en neutagtig te ruik met effense suur na-reuk.
Dag 2:
Inkorporeer Dag 1 se voordeeg in Dag 2 se bestanddele.
Meng vir 8 - 10 minute tot glad en blink.
Bedek en laat dit teen kamertemperatuur rys vir 60 minute.
Vou die deeg eenmaal gedurende hierdie rystyd.
Keer die deeg uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is, en werk versigtig en sagkens om nie die natuurlike borrels te bars nie.
Verdeel die deeg in twee met 'n skerp mes en dra die deeg oor op bakplaat.
Verf dit met olyfolie en strooi olywe, roosmaryn, en Maldon-sout bo-oor.
Druk die olywe redelik diep in die deeg, anders bak dit uit.
Los die deeg op die bakplaat vir 15 - 20 minute om weer effe te rys, en verhit oond intussen tot 220 grade Celcius.
Bak die brood vir 25 minute tot karamel-kleur, en borsel weer met olyfolie wanneer dit uit die oond gehaal word.
Dit is uiters belangrik om die brood vir 'n volle uur te laat afkoel alvorens dit gebreek, geskeur of gesny word.