Tuesday 8 March 2016

Zwiebelkuchen



Zwiebelkuchen

Bestanddele

Deeg
250 g koekmeel
120 ml water- en melkmengsel
12 g vars gis, of 3 g kitsgis
½ teelepel sout
½ teelepel suiker
1 eetlepel botter
Uiemengsel
750 g uie
knippie neutmuskaat
knippie rooipeper (Cayenne)
½ koppie witwyn
spek, gesnipper (opsioneel)
karweisaad
1 koppie room
½ koppie suurroom
5 eiers, geklits
Metode
Meng al die deeg se bestanddele saam.
Rol dit uit en voer tertpan (26cm) daarmee uit.
Braai die uie in botter en olie tot sag.
Voeg die neutmuskaat, rooipeper, wyn, spek en karweisaad by die mengsel en laat dit afkook.
Laat die uiemengsel afkoel en plaas dit in die pan op die deeg.
Meng die room, suurroom en eiers.
Voeg dit bo-oor die tert.
Bak teen 190 grade vir 30 minute.