Tuesday 8 March 2016

Oesbrood




Oesbrood

Bestanddele

1 koppie (250 ml) pitlose rosyne, korente en sultanas
1 koppie (250 ml) port
1 kg brooddeeg
3 - 4 trossies jong druiwe
growwe sout
olyfolie
4 - 5 roosmaryntakkies
Metode
Verhit die oond tot 180° C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Plaas die droëvrugte en port in ‘n glas mengbak en verhit vir ± 30 sekondes in die mikrogolfoond. Laat vir ‘n paar minute staan sodat vrugte die port kan absorbeer.
Verdeel die brooddeeg in twee en rol albei helftes effens uit.
Plaas een deegsirkel op die bakplaat en sprinkel eweredig met die droëvrugte. Plaas die tweede uitgerolde deegsirkel bo-op en maak seker die kante seël dig.
Rangskik die druiwetrossies bo-op die deeg en sprinkel met growwe sout en olyfolie. Plaas die roosmaryntakkies tussen-in  en bak vir 20 - 25 minute tot die deeg gaar is.