Tuesday 8 March 2016

Gerolde Spekbroodjies



Gerolde Spekbroodjies

Bestanddele

8 snye wit of bruin brood
8 teelepels songedroogtetamatiepesto (gekoop)
300g Mozarellakaas
16 spekrepies
Metode
Oond op 180°
Spuit 'n bakplaat met kleefwerende sproei.
Sny die brood se korsies af en rol die brood dun en plat met 'n koekroller.
Smeer elke broodjie soos botter met n eetlepel Pesto elk.
Sny die Mozarellakaas in 8 stafies en rol elkeen toe in 'n spekrepie.
Plaas dit op die brood en rol toe met die brood. Rol om die broodjie nog 'n spekrepie.
Steek vas met tendestokkie.
Plaas op die bakplaat en bak 15min.
Stel die oond op 220° en bak verder vir 8-10 min om die spek buite bros te maak en die brood bruin.